Tuesday 18 November 2014

VIR LEWE

Was jy al ooit naby 'n ongeluks toneel of in 'n hospitaal wanneer die deure oop gegooi word, mense val uit die pad uit en gil wat volgende moet gebeur.  Dis asof alles nou tweede plek kry, selfs maniere is nie belangrik op die oomblik nie, almal in die omgewing is bewus van iets anders, almal weet en niemand se dit nie.  Hulle is besig om te veg vir lewe, alles anders is nie belangrik nie.

Ek het gedink oor 'n skrif in Joh 10:10 waar Jesus sê hy het gekom vir lewe, en dit in oorvloed.  Hierdie lewe waarvan Hy praat was iets van voorspoed of ek wat hardloop op 'n grasperk met wit klere aan en 'n groot glimlag en se "dis nou lewe." Dis asof daardie woord nie heeltemal vir my 'n prentjie kon gee van Jesus se hart nie, ek verstaan ons almal wil lewe maar hoe voel Hy daaroor?  Hoe belangrik is lewe vir Hom?

Dit is waar ek hierdie prentjie van die hospitaal beleef het...  As 'n dokter alles in sy vermoë sal doen om lewe te red,iemand klap, skree, wegjaag, sag praat, ens. 


"Wat sal Jesus doen wanneer Hy na my kyk?"
Ek wonder soms hoe lyk ek voor hom, deur die oë van lewe?  Dat Hy met die selfde intenisteit met my werk as daardie dokter wat lewe wil red, die kleinste kans wat daar is gebruik om lewe voort te bring.

Ek glo dat Hy die waarheid is en dat hy Sy beste gegee het sodat ek kan lewe. Dit is vir my 'n beter prentjie  as iemand wat iets vir my hoop maar nooit iets self daaraan doen nie, of wil he ek moet dit self reg kry.

Die Here weet presies wat om te doen om lewe te red, Hy weet ook hoe om jou te stabiliseer sodat jy kan herstel en te lewe.  Jesus is VIR LEWE, Hy kan nie dink aan 'n ander plan om nie lewe voort te bring nie.  Selfs om te sterf het dit lewe vir ons gebring.

Mag ek glo dat daar nie twyfel in Jesus se hart is oor wat Hy doen nie, al twyfel ek in my eie, gee dit my nie die reg om te dink hy is soos ek nie.  
"laat dit met my wees, soos U wil want U is vir lewe"


No comments:

Post a Comment