Thursday 11 December 2014

Die gawe van Christus.

In hierdie tyd van vakansie, ontspaning en geskenke word ons herinner aan dit wat regtig belangrik is.  Ek wil nie so boodskap vandag gee nie, ek wil graag vir jou net ‘n ander perskektief gee oor jouself.  Ons weet almal dat ons Jesus se geboorte herdenk op kersfees en dit wat gebeur het in die stal.  As ons vandag daaraan dink is dit so mooi prentjie, die krip, donkie, wyse manne, skaapwagters en om te dink aan die wonder wat die Here gedoen het om alles so te laat uitwerk net soos Hy dit beplan het.  Dit is altyd makliker om terug te kyk na wat gebeur het, en dan te kan weet presies wat daar gebeur het. Die waarheid is dat daar nie so baie mense was wat die geboorte van Jesus aanskou het nie.  Die meeste van die mense was besig en geïrriteerd oor die stad wat so besig was.  Almal en alles het aangegaan die volgende dag soos wat elke dag maar is.  Dit sou eers jare na die geboorte van Jesus wees waar Jesus as die Verlosser sou rondloop en wys wie Hy regtig is.

Jesus was Jesus van dag een af.  Hy was Jesus die hele tyd, soms in my gedagtes as ek dink aan Jesus was Hy gebore en daarna het Hy wonderwerke gedoen…

“Wat van die dae waar daar nie wonders was nie? “

Partykeer dink jy te min van jouself omdat daar nie groot dinge in jou lewe gebeur nie, wel nie altyd nie.  Ons is vinnig om te vergeet wat gebeur het omdat ons lewe vir ‘n volgende oomblik.  Jesus was Jesus altyd… Jy is jy altyd….
Jou kinders, jou vrou, jou vriend, jouself is altyd. 

Is dit moontlik dat ons dalk tussen mense is wat ‘n wonderwerk is maar omdat ons dit nie sien nie of nie daar was in die ‘stal’ oomblik nie, vergeet ons dat daar soveel beloftes, antwoorde op gebede, en herstelde lewens rondom ons is.

Sal jy braaf genoeg wees om jouself te kan sien as ‘n geskenk, al voel jy dit is die laaste ding wat jy is.  Jesus het jou gegee vir die mense in en om jou lewe.  Jy is die geskenk! Dit het Jesus se hele lewe gevat, elke dag was voorbereiding, om uiteindelik gereed te wees om jou te kon bekostig.


As ek ‘n opinie kan lig sal dit wees: om net te wees wat Hy sien en nie noodwendig wat ek dink ek is nie.