Tuesday 25 June 2013

Het jy geloof in wat jy sê?


Trots kan veroorsaak dat jy jou woord hou teenoor ander, maar hou jy jou woord teenoor jouself.
Jou kosbaarste besitting is jou woord.
Maak jouself so kosbaar dat n besigheid enige prys vir jou sal betaal.
Maak jou merk hoog, jou standaard.
Gaan vir daardie merk.
Moet geen dag laat verby gaan waarin jy nie jouself verbeter nie.
Neem voorraad opname, keer op keer en kyk waaroor jy beskik.
Kyk of jy meer werd is as n jaar gelede.
Onthou dat dit waarna jy smag jy honger voor is , jy het die vermoë om dit te doen, as jy wil.

Almal het vermoë
Miskien glo jy dit nie, miskien dink jy dat net party mense het werklik vermoë en dat die res van ons aan die massas behoort.
Wel dit is onmoontlik om enige persoon uit te kies en te vind dat hy/sy nie een of ander vermoë het wat hom besonders kan maak nie.
Hierdie is vir die ambisieuse persoon, nie vir diegene wie te lui is om dit wat binne in hom is te ontwikkel nie.  Dit is vir die persoon wat nie tevrede is met niks minder as die beste nie.
Daar is min mense wat ontwikkel het tot die heel beste vlak van hulle vermoë.




No comments:

Post a Comment